Luister gerus na my liedere hieronder. Klik op 'n lied en dit sal automaties speel. Vir CD navrae, kontak my asseblief op die Kontak Bladsy van my webblad..






Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player









































Waar kom die woorde vandaan?

  • Weerskante van die ruit

    Dit sou nie billik wees om eers te probeer sê waaroor hierdie lied gaan nie. Hoe vertel jy 'n storie as jy nie weet waar die begin lê of waar die einde is nie? Hierdie lied, hoewel dit intens persoonlik is, gaan oor baie van ons se lewens.

  • Kinders

    Daar is min dinge wat my só onder die indruk bring van God se almag en God se seën as kinders. Hierdie lied gaan oor my Sus se drie kinders.

  • Klaasvakie

    Ingewikkeld. Dit het onskuldig begin met 'n eenvoudige gedagte. Nou is ek nie meer so seker wat ek wou sê nie. Of eerder: wat die lied vir mý wil sê nie.

  • Van Gogh

    Vincent van Gogh se lewe fasineer my. Daar is min kunstenaars wat die reikwydte van ons menswees só genadeloos eerlik kon eksploreer soos hy. Ek weet nie of enige iemand dit sou kon oorleef nie. Hy het nie.