Welkom by my foto versameling. Gaan gerus deur die foto's, klik op 'n foto om dit te vergroot.





Die foto's hier bo is foto's wat geneem is terwyl ek op reis was. Meeste van die foto's en plekke is groot inspirasie in my lirieke-skryf proses. Wees ook seker om van my lirieke te lees en na my liedere te luister.

My foto's: Grepies Vrede

  • Ek is VERLIEF op die natuur. In die oggende hier in die stad staan ek op en my gedagtes breek die mure en geboue af, herstel die gras en bome en ek sien die koedoes, rooibokke en kameelperde oor die vlaktes wei. My hart verlang ALTYD na die bome en die veld. 

  • Psalm 104 is een van my gunstelings psalms. Gaan lees dit gerus. 

  • Wanneer laas het jy die sterre gesien? 

  • Gee my die Laeveld, gee my die Bosveld, gee my die Weskus, gee my Namibië, gee my die Wildtuin, Etosha, Kgalagadi... 

  • Hoor jy die sang van voëls? Sien jy hul kleure? 

  • Pak jou tent, gaan bos... Viva die Weg tydskrif vir die kere wat ek nie kan gaan nie en my maar moet verbeel.